Steven Pinker

Steven Pinker
Steven Pinker in 2011
Gebore
Steven Arthur Pinker

18 September 1954
NasionaliteitVerenigde State van Amerika en Kanada
BeroepTaalkundige, eksperimentele sielkundige en skrywer
Bekend virThe Language Instinct (1994), How the Mind Works (1997), The Blank Slate (2002), The Better Angels of Our Nature (2011) en Enlightenment Now (2018)

Steven Arthur Pinker (Montreal, 18 September 1954) is 'n Kanadese-Amerikaanse taalkundige, eksperimentele sielkundige en skrywer van wetenskaplike boeke vir 'n wye gehoor. Hy is bekend vir sy idees op die gebied van die kognitiewe wetenskap. Die basis van sy werk is evolusionêre sielkunde en die oortuiging dat die brein in sy funksionering vergelykbaar is met die rekenaar (die berekeningsteorie van die gees). Pinker het in 2003 klasgegee aan die Harvard-universiteit in die Verenigde State. Hy was 'n professor aan die Massachusetts Institute of Technology van 1989 tot 2003. Pinker hou van debatvoer en skryf vir verskillende media. Hy is ook wêreldwyd 'n gewilde spreker en is in die top 10 van die invloedrykste sielkundiges van ons tyd.[1]

  1. Inside the psychologists studio Steven Pinker: [1] Psychological Science

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search